速報APP / 教育 / NG Dalpark Kaléo

NG Dalpark Kaléo

價格:免費

更新日期:2019-06-06

檔案大小:18M

目前版本:0.6.3

版本需求:Android 4.4 以上版本

官方網站:http://www.weazy.co.za

Email:info@weazy.co.za

聯絡地址:隱私權政策

NG Dalpark Kaléo(圖1)-速報App

Dalpark Kaléo Gemeente is geroep om by te dra tot die opbou van ons land. Ons is verbind om herstel te bring in mense se lewens, verhoudings en in ons gemeenskap. Deur ons invloed in elke sektor van die samelewing, mobilisering van ons gemeente in projekte en die sluit van strategiese vennootskappe maak ons ʼn impak in ons gemeenskap, maar ook in die wêreld. Om hierdie missie te bereik, is ons GEVESTIG in Jesus en sy voltooide werk. GEBORGE in ’n geestelike familie en GESTUUR na die wêreld met die goeie nuus.

NG Dalpark Kaléo(圖2)-速報App

Ons maak deel uit van die breër kerkgemeenskap wat onder die vaandel van GENADE (grace and mercy) en WAARHEID funksioneer. Ons klem lê op die geregtigheid wat Jesus vir ons verdien en voltooi het. Ons help mense leef vanuit hulle nuwe identiteit in Christus en so die geregtigheid van God te wees in die wêreld.

Hierdie Slimfoontoep help jou om onmiddellik toegang te verkry tot ons gemeente se gebeure en kalender. Dit help jou om in te skakel en deel te word van ons geestelike familie. Jy kry hiermee ook toegang tot ons Christus-gesentreerde prediking. Laai ons pitkos af en word daardeur opgebou en verryk in jou wandel en ontmoeting met God. Teken in om ook ons notifikasies te ontvang om sodoende op hoogte te bly van al die nuus en gebeure in Dalpark Kaléo Gemeente.